
Toerisme-syfers steeds twyfelagtig
Loading player...
Die gasvryheidsbedryf het in Junie gemengde resultate aangeteken, met die nasionale kamerbesettingskoers wat 6,5 persent laer was as in Mei, maar 8,5 persent hoër was jaar-tot-jaar. Die Namibië Statistieke-agentskap sê besettingskoerse in die suidelike streke het met 13,4 persent gedaal en in die noordelike streke met 8 persent. In die sentrale gebiede het dit egter met 31,1 persent gestyg en aan die kus met 14,6 persent. Uit die 60 593 kamers wat landwyd beskikbaar is was 31 100 beset, wat 'n 51,3 persent besettingskoers verteenwoordig teenoor 54,9 persent in Mei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging.