Sal Trump vir Putin straf of is dit net wind?

Loading player...
Moskou het Amerikaanse president Donald Trump se vredesinisiatief vir Oekraïne Donderdag in wanorde gedompel en daarop aangedring dat dit 'n vetoreg moet hê oor enige na-oorlogse steun vir die land. Rusland se buitelandse sake-minister, Sergei Lavrov, sê Europese voorstelle om troepe in Oekraïne te ontplooi na 'n skikking sou neerkom op buitelandse ingryping, wat absoluut onaanvaarbaar vir Rusland is. Bloomberg se Jennifer Welch lewer kommentaar op die moontlikheid dat Trump nou teen Putin sal optree, soos hy gedreig het om te doen.
22 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nust sê hy praat met studente oor klagtes

Nust-koshuisstudente eis ’n 30 persent vermindering in verblyf- en maaltydkostes weens swak diens, veral gebrekkige WiFi wat hul studies ontwrig. Hulle waarsku dat hoë fooie nie deur substandaard geriewe geregverdig word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Nust se korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Kuda Brandt gepraat. Sy het die jongste.
22 Aug 4AM 1 min

Landsburgers betaal vir politieke geskille in RNE - Maimane

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, kritiseer die binnegevegte in die regering van nasionale eenheid en sê Suid-Afrikaners betaal die prys vir politieke geskille. Hy voer aan die aanhoudende meningsverskille tussen regeringsvennote het die vordering met belangrike kwessies tot stilstand gebring en burgers worstel met swak dienslewering,…
22 Aug 4AM 1 min

Bank Windhoek stel volhoubaarheids-effekte bekend

Bank Windhoek het 'n volhoubaarheidsgekoppelde effekte uitgereik, wat die bank sê sy verbintenis tot inklusiewe en volhoubare ekonomiese groei versterk. Anders as tradisionele effekte, is die nuwe een gekoppel aan spesifieke volhoubaarheidsteikens. Clarie Hobbs, Bank Windhoek se hooftesourier, het meer.
22 Aug 4AM 1 min

Saftu vra vir SA boikot van Israel

Die vakbondfederasie Saftu doen 'n beroep op die regering om nie meer steenkool en minerale na Israel te stuur nie, en moedig werkers aan om Israelse goedere te boikot. Dit volg na Amerikaanse sanksies teen amptenare van die Internasionale Strafhof wat beweerde oorlogsmisdade ondersoek. Saftu veroordeel die aanval op Strafhof-regters…
22 Aug 4AM 1 min

Jean-Luc sal alles môre gee

Die losvoorspeler, Jean-Luc du Preez, sê hy sien uit daarna om alles uit te haal in sy eerste begin-opdraf in sewe jaar vir die Springbokke in môre se Rugbykampioenskap-kragmeting teen Australië in Kaapstad. Die 30-jarige Du Preez staan agter in die skrum in vir die beseerde Siya Kolisi saam met…
22 Aug 3AM 1 min