Jean-Luc sal alles môre gee

Loading player...
Die losvoorspeler, Jean-Luc du Preez, sê hy sien uit daarna om alles uit te haal in sy eerste begin-opdraf in sewe jaar vir die Springbokke in môre se Rugbykampioenskap-kragmeting teen Australië in Kaapstad. Die 30-jarige Du Preez staan agter in die skrum in vir die beseerde Siya Kolisi saam met die flanke, Marco van Staden en Franco Mostert. Du Preez sê dis natuurlik om die verantwoordelikheid van hierdie geleentheid te voel:
22 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Klagtes oor binnelandse sake wat middaguur sluit

Die binnelandse sake-ministerie se kantore in Windhoek is onder skoot omdat die publiek die gebou daagliks tussen 1-uur en 2-uur tydens amptenare se middagete moet verlaat. Aansoekers staan dan buite in lang rye, dikwels in die son en hitte. Hulle kla die praktyk veroorsaak onnodige vertragings en vererger reeds lang…
22 Aug 6AM 1 min

Sherbourne sê daar moet 'n plan vir gas kom

Ekonoom Robin Sherbourne het aanbeveel dat die Namibiese regering 'n omvattende gas-meesterplan ontwikkel om die land se opkomende aardgasbronne strategies te bestuur. Die plan sal dien as 'n padkaart vir die maksimalisering van die ekonomiese, sosiale en omgewingsvoordele van aardgasontwikkeling terwyl die gepaardgaande risiko's geminimaliseer word. Sherbourne het gepraat tydens…
22 Aug 6AM 1 min

Toerisme-syfers steeds twyfelagtig

Die gasvryheidsbedryf het in Junie gemengde resultate aangeteken, met die nasionale kamerbesettingskoers wat 6,5 persent laer was as in Mei, maar 8,5 persent hoër was jaar-tot-jaar. Die Namibië Statistieke-agentskap sê besettingskoerse in die suidelike streke het met 13,4 persent gedaal en in die noordelike streke met 8 persent. In die…
22 Aug 6AM 1 min

Nust sê hy praat met studente oor klagtes

Nust-koshuisstudente eis ’n 30 persent vermindering in verblyf- en maaltydkostes weens swak diens, veral gebrekkige WiFi wat hul studies ontwrig. Hulle waarsku dat hoë fooie nie deur substandaard geriewe geregverdig word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Nust se korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Kuda Brandt gepraat. Sy het die jongste.
22 Aug 4AM 1 min

Landsburgers betaal vir politieke geskille in RNE - Maimane

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, kritiseer die binnegevegte in die regering van nasionale eenheid en sê Suid-Afrikaners betaal die prys vir politieke geskille. Hy voer aan die aanhoudende meningsverskille tussen regeringsvennote het die vordering met belangrike kwessies tot stilstand gebring en burgers worstel met swak dienslewering,…
22 Aug 4AM 1 min