VF Plus boos oor Stad Kaapstad tariefverhogings

Loading player...
Die VF Plus sê hy sal alle pogings ondersteun om die Stad Kaapstad se buitensporige tariefverhogings om te keer. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars het 'n dringende hofaansoek ingedien om drie tariewe tersyde te stel. Dis die skoonmaakkoste en vaste water- en sanitasiekoste, wat aan die waarde van 'n eiendom gekoppel is. Pieter Jansen van Vuuren van die VF Plus sê die metro moet billike en volhoubare tariewe instel, wat die belange van inwoners dien:
23 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Betekenisvolle groei kan net kom van hoërgeskoolde arbeidsmag

Namibië moet sy ekonomiese fokus verskuif en in 'n hoërgeskoolde werksmag belê as hy betekenisvolle groei in lone wil bewerkstellig. Dit is sentimente van 'n plaaslike ekonoom na aanleiding van die oproep van die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, dat Namibiese werkers ordentlike lone moet verdien om werklike…
22 Aug 12AM 1 min

Erik Menendez parool geweier, Lyle kom vandag voor

Erik Menendez is parool geweier na tien ure se getuienis voor Kalifornië se paroolraad. Die raad het spesifiek beswaar gemaak teen sy oortredings in die tronk en vorige kriminele aktiwiteite voordat hy sy ouers Jose en Kitty vermoor het in Beverley Hills in 1989. Sy broer, Lyle, sal na verwagting…
22 Aug 12AM 1 min

Vertraging in innoveringsentrums belemmer werkskepping

Die DA in Gauteng sê besighede wat dringend vervaardigingsfasiliteite nodig het word in die steek gelaat, aangesien die derde fase van die Bio Park by die Innovation Hub in Tshwane steeds onvoltooid is. Die projek is in Februarie 2019 begin en was geskeduleer vir voltooiing in September 2024. Ofentse Madzebatela…
21 Aug 11PM 1 min

SA, Zim en Nam aanbieding van 2027 Wêreldbeker is waterskeiding oomblik

Die voorsitter van Krieket Suid-Afrika, Pearl Maphoshe, sê die Wêreldbekertoernooi van 2027 in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe sal 'n blywende nalatenskap vir die hele vasteland wees. Sy het met die bekendstelling van die plaaslike reëlingskomitee gesê dis 'n geskiedkundige oomblik, en beklemtoon dat hervorming kernbelangrik is vir die geleentheid. Maphoshe…
21 Aug 11PM 1 min