PDM wil vroue, jeug in leierskap sien

Loading player...
Die PDM dring aan op groter betrokkenheid van vroue, die jeug en minderhede in leierskap voor die komende plaaslike owerhedeverkiesings. Tydens 'n leierskapsopleiding wat in Otjiwarongo gehou is, sê die sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, dat partystrukture deelname en diens moet bevorder, en nie eiebelang nie.
23 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kospryse, veral bees, druk SA inflasie op na 3%

Verbruikersprysinflasie het in Junie tot drie-persent gestyg van 2,8-persent in April en Mei. Die styging is hoofsaaklik toe te skryf aan stygende voedselpryse, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat 'n 15 maande-hoogtepunt van 5,1-persent aangemeld het. Beesvleis is die grootste bydraer met kookvleispryse wat jaarliks met meer as 21-persent gestyg…
23 Jul 11AM 1 min

Potter kap Woodward oor 'Wallabies se verloormentaliteit’

Rugby: Die Wallabie-vleuel Harry Potter het die voormalige Engelse afrigter, Clive Woodward, se kritiek verwerp dat die Wallabies 'n 'verloormentaliteit' het. Woodward, wat as afrigter 'n Wêreldbeker saam met Engeland gewen het, het kaptein Harry Wilson gekritiseer omdat hy die bal uitgeskop het eerder as om 'n troosdrie te probeer…
23 Jul 11AM 1 min

Recycle Namibia Forum juig oor e-afvalverwydering

Reaksie word ontvang op die nuus dat die kommunikasie owerheid, Cran, sy pogings versterk om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met Anita Witt van die Recycle Namibia Forum gesels.
23 Jul 10AM 1 min

NNN se groenskema-statistieke verdag, 'maar moet tot uitvoer kom'

Al nege groenskemas onder die landbouministerie bly volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah operasioneel, met 3 403 hektaar tans onder verbouing om voedselsekerheid te bevorder. Sy sê dat teen Junie 2025 is 9 947 ton mielies, 300 ton aartappels en 39 ton sonneblomme geoes. Kosmos 94.1 Nuus het nog reaksie ontvang van…
23 Jul 10AM 1 min