
Kospryse, veral bees, druk SA inflasie op na 3%
Loading player...
Verbruikersprysinflasie het in Junie tot drie-persent gestyg van 2,8-persent in April en Mei. Die styging is hoofsaaklik toe te skryf aan stygende voedselpryse, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat 'n 15 maande-hoogtepunt van 5,1-persent aangemeld het. Beesvleis is die grootste bydraer met kookvleispryse wat jaarliks met meer as 21-persent gestyg het. Bek- en klouseer raak verskaffing. Ricado Johnson van Statistieke Suid-Afrika sê brandstofpryse daal egter steeds: