
Piastri vat Belgiese Grand Prix
Loading player...
Oscar Piastri van McLaren het die Belgiese Grand Prix gewen en sy sesde oorwinning van die seisoen beklink. Die resies het weens swaar reën 80 minute laat begin en in die eerste vier rondtes moes deelnemers ʼn veiligheidsmotor volg. Nadat die resies in die vyfde rondte aan die gang gekom het, het die Australiër sy spanmaat, Lando Norris, verbygesteek en die wedren beheer. Charles Leclerc van Ferrari het derde klaargemaak. Piastri, wat sy kampioenskapsvoorsprong bo Norris tot 16 punte opgestoot het, sê dit was ʼn woelige wedren: