
Gobabis se munisipaliteit is in die sop by Sankwasa
Loading player...
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sal met die leiers van die Gobabis-munisipaliteit vergader na ‘n verdoemende verslag van die ombudsman wanbestuur, skuld, onwettige aanstellings en mislukkings in dienslewering blootgelê het. Die verslag het meer as 100 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde rekeninge en wanhantering van fondse, 'n gebrekkige grondooreenkoms en 'n giftige werksomgewing uitgelig. Kosmos 94.1 Nuus het met die ombud Basilius Dyakugha gepraat.