
Uiters duur vliegkaartjies belemmer toerismesyfers
Loading player...
Duur vliegtuigkaartjies na Namibië ondermyn die langtermyn-groeivoorsuitsigte van die toerismebedryf in die land, sê die uitvoerende hoof van Gondwana Collection, Gys Joubert. Joubert was vandeesweek een van die sprekers by die Taking Stock Namibia 2025-forum in Windhoek. Volgens hom is vliegtuigkaartjies na Namibië buite verhouding duur, en omskep dit die land in ‘n eksklusiewe, premium-mark. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gesels wat sê die styging in vlugpryse het gelei tot 'n verlies aan toeriste wat na verwagting gedurende die piekseisoen sou besoek aflê.