
Nog 14 mense sterf in Gaza van wanvoeding
Loading player...
Veertien mense is die afgelope 24 uur in Gaza aan wanvoeding dood, sê die Hamas-beheerde gesondheidministerie. Dit kom terwyl Israel militêre optrede in dele van die strook vir 10 uur per dag ophef om hulp deur te laat. Israel laat ook toe dat hulp deur vliegtuie laat val word, maar volgens die BBC se Jeremy Bowen, wat van 'n Jordaniese vliegtuig berig, sal die voorrade sal nie veel verskil maak nie.