Daar's vordering teen staatskaping, sê presidensie

Loading player...
Die presidensie sê daar is goeie vordering gemaak in die stryd teen staatskaping, met byna die helfte van die 60 beplande stappe wat nou voltooi en elf-miljard-rand se gesteelde geld wat verhaal is. Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, het egter gewaarsku die vervolgings neem te lank en openbare vertroue verkeer in gevaar. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê 'n nuwe teenkorrupsie-eenheid is daargestel en belangrike wette is verander om toekomstige korrupsie te stop:
28 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blommeprag pryk by Klein Aus Vista

Klein Aus Vista is nou bedek met helder veldblomme na welkome reën. Die blommeskouspel is op sy hoogtepunt, met die landskap omskep in kleurvolle tapyte wat besoekers en fotograwe lok. Meer reën kan die seisoen se skoonheid selfs verder verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus…
21 Aug 10AM 1 min

Val in beesvleisuitvoere 'wys swakhede in ekonomie uit'

Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika - die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat…
21 Aug 10AM 1 min

Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge

Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in 'n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die…
21 Aug 10AM 1 min

Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly 'n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit…
21 Aug 9AM 1 min