SA moet burgers, nie buitelanders nie, bevoordeel

Loading player...
ActionSA sê Suid-Afrika se bemagtigingsagenda moet aanhou fokus op die behoeftes van Suid-Afrikaners en nie buitelandse burgers bevoordeel nie. Die party sê die Polokwane plaaslike munisipaliteit in Limpopo het die afgelope twee boekjare tenders ter waarde van ongeveer 200-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan buitelandse ondernemings toegeken. Tshepo Magoma van ActionSA sê die doel van swart ekonomiese bemagtiging is om geskiedkundige ongeregtighede reg te stel en voorheen-benadeelde Suid-Afrikaanse burgers te bemagtig:
28 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blommeprag pryk by Klein Aus Vista

Klein Aus Vista is nou bedek met helder veldblomme na welkome reën. Die blommeskouspel is op sy hoogtepunt, met die landskap omskep in kleurvolle tapyte wat besoekers en fotograwe lok. Meer reën kan die seisoen se skoonheid selfs verder verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus…
21 Aug 10AM 1 min

Val in beesvleisuitvoere 'wys swakhede in ekonomie uit'

Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika - die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat…
21 Aug 10AM 1 min

Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge

Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in 'n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die…
21 Aug 10AM 1 min

Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly 'n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit…
21 Aug 9AM 1 min