
NNN het ‘slapelose nagte’ oor selfmoord
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het kommer uitgespreek oor die stygende aantal selfmoorde in Namibië, na die onlangse dood van drie onderwysers in die Ohangwena-streek. Sy het by die amptelike opening van die Eenhana-expo alle burgers, veral diegene in leiersrolle, versoek om deernis en ondersteuning vir mekaar te toon om verdere lewensverlies te voorkom.