Dis nie hoër lone wat keer dat polisievakatures nie gevul word nie - Saftu

Loading player...
Saftu sê hulle stem nie saam met die bewering van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat vakbonde se eise vir hoër salarisse pogings om polisievakatures te vul, belemmer nie. Hy het die land se stygende werkloosheidsyfer op vakbonde blameer, wat volgens hom voortdurend meer geld van hul lede eis. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê Mkhwanazi se perspektief hou die risiko in om die publiek se begrip van 'n veel ernstiger kwessie te verdraai: dekades van neoliberale besuinigings en begrotingsbesnoeiings het die polisiediens uitgehol:
21 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Val in beesvleisuitvoere 'wys swakhede in ekonomie uit'

Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika - die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat…
21 Aug 10AM 1 min

Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge

Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in 'n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die…
21 Aug 10AM 1 min

Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly 'n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit…
21 Aug 9AM 1 min

SA se 3,5% inflasie maak Giwusa bekommerd

Die nywerheidsvakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor die jongste verslag rakende die inflasiesyfer van 3,5-persent - die hoogste in tien maande. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hierdie styging is 'n grafiese voorbeeld van hoe inflasie 'n simptoom is van die diepgewortelde strukturele mislukkings van die rasgedrewe, monopolistiese…
21 Aug 9AM 1 min