
Skietstilstand tussen Thailand en Kambodja bereik
Loading player...
Maleisiese premier Anwar Ibrahim sê Thailand en Kambodja het ingestem tot 'n onmiddellike en onvoorwaardelike wapenstilstand, in 'n poging om dodelike grensbotsings op te los. Waarnemende Thaise premier Phumtham Wechayachai en die Kambodjaanse premier Hun Manet het vir wapenstilstandgesprekke vergader in Anwar se amptelike woning in Maleisië se administratiewe hoofstad, Putrajaya. Ibrahim het die aankondiging Maandagaand gemaak.