Trump verkort Putin-sperdatum na 10 to 12 dae

Loading player...
Donald Trump het 'n nuwe, korter sperdatum van tien of 12 dae vanaf Maandag aan Rusland gestel om in te stem tot 'n wapenstilstand in die oorlog in Oekraïne. Die Amerikaanse president sê daar is geen rede om langer te wag nie, aangesien daar geen vordering tot vrede gemaak is nie. Twee weke gelede het Trump gesê Russiese president Vladimir Putin het 50 dae om die oorlog te beëindig of Rusland sal ernstige tariewe in die gesig staar. Hy het tydens 'n ontmoeting met Britse premier Keir Starmer in Skotland gesê hy is teleurgesteld in Putin.
29 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA bekommerd oor besmettings van pasiënte in hospitale

Die DA in Gauteng is bekommerd omdat 7 743 pasiënte verlede jaar hospitaalverworwe besmettings opgedoen het, insluitend talle antibiotika-weerstandige toestande wat moeilik behandelbaar en lewensgevaarlik kan wees. Dié toestand ontwikkel tydens 'n pasiënt se verblyf in 'n hospitaal. Jack Bloom van die DA sê die Gautengse Gesondheidsdepartement skryf die situasie…
29 Jul 11AM 1 min

Trump open sy nuwe luukse gholfbaan in Skotland

Amerikaanse president Donald Trump het sy familie se nuutste luukse gholfbaan in Aberdeenshire, Skotland amptelik geopen. Dit kom na hy die week samesprekings met Britse eerste minister Keir Starmer gehou het by een van sy ander gholf-oorde in Skotland. Dit is die laaste dag van sy vyf-dag lange besoek en…
29 Jul 11AM 1 min

LP's gaan leer om nuwe voedsel-projekte te implementeer

'n Nuwe vennootskap tussen die VN se Voedsel- en Landbouorganisasie en die SAOG se parlementêre forum sal LP’s toerus met die nodige tegniese vaardighede en inligting wat hulle nodig het om gewaagde streeksbeloftes in werklike, ter plaatse projekte regoor Suider-Afrika te omskep. Die LPM-parlementslid Utaara Mootu, ook ‘n lid van…
29 Jul 10AM 1 min

Nuus van Meksikaanse dwelmkartel, ISIS-selle om Namibië maak opslae

Die oud-weermaghoof, generaal Martin Shalli sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is kommerwekkend dat Namibië en Angola uitgesonder is in die Africom-verslag. Dit kom na die adjunkbevelvoerder van die Amerikaanse Afrika-bevel of Africom, luitenant-generaal John Brennan, sê daar is ISIS-selle groepe wat aan die periferie van beide Namibië en Angola…
29 Jul 10AM 1 min