Daurês se groenwaterstofprogram bied opleiding aan 250 jongmense

Loading player...
Die Daurês Groenwaterstof-dorp het saam met Unido 'n tweejaar-opleidingsprogram vir meer as 250 jong Namibiërs van stapel gestuur, met die fokus op gemarginaliseerde gemeenskappe. Die eerste 10 deelnemers het reeds begin met opleiding in landbou, groen innovasie en entrepreneurskap. Elkeen sal saailinge, kunsmis en sakeondersteuning ontvang, met die dorp wat uitgesoekte produkte sal koop. Die program bevorder insluiting en eindig met sertifisering en befondsingsgeleenthede vir toppresteerders. Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het meer.
29 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA bekommerd oor besmettings van pasiënte in hospitale

Die DA in Gauteng is bekommerd omdat 7 743 pasiënte verlede jaar hospitaalverworwe besmettings opgedoen het, insluitend talle antibiotika-weerstandige toestande wat moeilik behandelbaar en lewensgevaarlik kan wees. Dié toestand ontwikkel tydens 'n pasiënt se verblyf in 'n hospitaal. Jack Bloom van die DA sê die Gautengse Gesondheidsdepartement skryf die situasie…
29 Jul 11AM 1 min

Trump open sy nuwe luukse gholfbaan in Skotland

Amerikaanse president Donald Trump het sy familie se nuutste luukse gholfbaan in Aberdeenshire, Skotland amptelik geopen. Dit kom na hy die week samesprekings met Britse eerste minister Keir Starmer gehou het by een van sy ander gholf-oorde in Skotland. Dit is die laaste dag van sy vyf-dag lange besoek en…
29 Jul 11AM 1 min

LP's gaan leer om nuwe voedsel-projekte te implementeer

'n Nuwe vennootskap tussen die VN se Voedsel- en Landbouorganisasie en die SAOG se parlementêre forum sal LP’s toerus met die nodige tegniese vaardighede en inligting wat hulle nodig het om gewaagde streeksbeloftes in werklike, ter plaatse projekte regoor Suider-Afrika te omskep. Die LPM-parlementslid Utaara Mootu, ook ‘n lid van…
29 Jul 10AM 1 min

Nuus van Meksikaanse dwelmkartel, ISIS-selle om Namibië maak opslae

Die oud-weermaghoof, generaal Martin Shalli sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is kommerwekkend dat Namibië en Angola uitgesonder is in die Africom-verslag. Dit kom na die adjunkbevelvoerder van die Amerikaanse Afrika-bevel of Africom, luitenant-generaal John Brennan, sê daar is ISIS-selle groepe wat aan die periferie van beide Namibië en Angola…
29 Jul 10AM 1 min