
Twee-derdes van hongersnood-drumpels in Gaza is reeds bereik
Loading player...
Twee uit drie hongersnood-drumpels is in Gaza bereik wat lei tot laer voedselverbruik en erge wanvoeding. Dit is volgens die jongste Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifisering wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word. Volgens die IPC is minstens 16 kinders jonger as vyf sedert middel-Julie in Gaza aan hongerverwante oorsake dood. Ross Smith van die Wêreld-voedselprogram sê meer as 20 000 kinders is sedert April vir wanvoeding behandel en meer as 3 000 is erg ondervoed: