New York gis steeds oor skieter se motiewe

Loading player...
Shane Tamura, wat Maandag vier mense doodgeskiet het in 'n wolkekrabber in New York, het 'n nota gelaat wat die Nasionale Voetballiga, die NFL, die skuld gee vir 'n breinbesering. Maar, Tamura het nooit professioneel gespeel nie en het nie so besering gehad nie. Die 27-jarige van Las Vegas het homself geskiet na hy skote afgevuur het in die gebou wat die liga se hoofkwartier huisves. In die nota blameer hy chroniese traumatiese enkefalopatie, 'n breinsiekte wat deur herhaalde kop-trauma veroorsaak word, vir sy geestesgesondheidsprobleme. Die New York-burgemeester, Eric Adams.
30 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Varkinvoere val 34,3% in tweede kwartaal

Statistieke van die tweede kwartaal deur die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon dat Namibië se varkinvoere altesaam 1,5 miljoen kilogram beloop het, 34,3 persent laer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Van hierdie invoere was 64,3 persent afkomstig van Spanje, gevolg deur Suid-Afrika met 17,9 persent en Botswana met 3,8 persent…
20 Aug 11AM 1 min

McIlroy prys hersiene PGA-toer kampioenskapsformaat

Gholf: Die wêreld nommer-twee, Rory McIlroy erken hy het nie probleme met die afslaanformaat wat by die FedEx-beker in die PGA-toerkampioenskap gebruik is nie. Dit word vanjaar verander sodat die voorloper op punte, in die geval die wêreld nommer-een, Scottie Scheffler, op baansyfer saam met die res van die deelnemers…
20 Aug 11AM 1 min

Unam bereik veeartsenykunde mylpaal

Die Universiteit van Namibië het 'n belangrike mylpaal bereik met die ondertekening van 'n wedersydse erkenningsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en die Namibiese Veeartsenykundige Raad. Namibies-opgeleide veeartse kan nou direk in die buurland registreer, net soos gegradueerdes van die Universiteit van Pretoria in Namibië kan. Kosmos 94.1 Nuus het…
20 Aug 11AM 1 min

Endurance Desert Challenge hou aan groei

Swakopmund is weer die gasheer vir die Namibian International Endurance Desert Challenge-uithouritte wat van 26 to 29 Augustus plaasvind. Perderuiters van so ver as Australië en Slowakye het ingeskryf en die verdedigende kampioen, Colin Makonde, sal weer in aksie wees. Francois Lottering het meer.
20 Aug 11AM 1 min