Goeie suiker-oes, maar invoer- en uitvoertariewe kwel

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Rietsuikerprodusente-vereniging sê die suikernywerheid kan vanjaar na 'n beter oes uitsien, met 'n verwagte opbrengs van 18-miljoen-ton suikerriet wat 'n verbetering is van die 16-miljoen-ton van verlede jaar. Die organisasie waarsku egter dat die nywerheid steeds kwesbaar is met die vertragings in die verhoging van invoertariewe en 'n moontlike heffing van 30-persent op uitvoere na Amerika. Voorsitter Higgins Mdluli moedig die regering aan om vinnig op te tree om plaaslike produsente te beskerm en handelsooreenskomste te sluit:
30 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Varkinvoere val 34,3% in tweede kwartaal

Statistieke van die tweede kwartaal deur die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon dat Namibië se varkinvoere altesaam 1,5 miljoen kilogram beloop het, 34,3 persent laer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Van hierdie invoere was 64,3 persent afkomstig van Spanje, gevolg deur Suid-Afrika met 17,9 persent en Botswana met 3,8 persent…
20 Aug 11AM 1 min

McIlroy prys hersiene PGA-toer kampioenskapsformaat

Gholf: Die wêreld nommer-twee, Rory McIlroy erken hy het nie probleme met die afslaanformaat wat by die FedEx-beker in die PGA-toerkampioenskap gebruik is nie. Dit word vanjaar verander sodat die voorloper op punte, in die geval die wêreld nommer-een, Scottie Scheffler, op baansyfer saam met die res van die deelnemers…
20 Aug 11AM 1 min

Unam bereik veeartsenykunde mylpaal

Die Universiteit van Namibië het 'n belangrike mylpaal bereik met die ondertekening van 'n wedersydse erkenningsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en die Namibiese Veeartsenykundige Raad. Namibies-opgeleide veeartse kan nou direk in die buurland registreer, net soos gegradueerdes van die Universiteit van Pretoria in Namibië kan. Kosmos 94.1 Nuus het…
20 Aug 11AM 1 min

Endurance Desert Challenge hou aan groei

Swakopmund is weer die gasheer vir die Namibian International Endurance Desert Challenge-uithouritte wat van 26 to 29 Augustus plaasvind. Perderuiters van so ver as Australië en Slowakye het ingeskryf en die verdedigende kampioen, Colin Makonde, sal weer in aksie wees. Francois Lottering het meer.
20 Aug 11AM 1 min