
Seekoei-stropery sonder gevolge maak Kavangorivier leeg
Loading player...
Seekoei-getalle neem af in die Kavango-streke en nog ‘n vermeende stroperyvoorval het naby Shamvura-kamp voorgekom. Ten spyte van verskeie ooggetuies, insluitend Namibiese burgers en Suid-Afrikaanse toeriste, en berigte van gesteelde vleis van die karkas, sê gefrustreerde natuurbewaarders dat owerhede min doen terwyl die beskermde spesie steeds uit die streek verdwyn. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura Camp gepraat.