
Okahandja-inwoners ruk weer op na dorpsraad
Loading player...
Inwoners van Okahandja beplan 'n protesaksie more om nege-uur oor swak dienslewering en klagtes wat nie aangespreek word nie. Hulle is veral ontsteld oor die verskuiwing na gebiede sonder toegang tot water of elektrisiteit. Hulle spreek ook sterk teenkanting uit teen die teenwoordigheid van RedForce en sê dat hulle nie meer wil hê dat die skuldinvorderingsmaatskappy in hul gemeenskap werksaam is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb gesels.