Statistieke van die tweede kwartaal deur die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon dat Namibië se varkinvoere altesaam 1,5 miljoen kilogram beloop het, 34,3 persent laer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Van hierdie invoere was 64,3 persent afkomstig van Spanje, gevolg deur Suid-Afrika met 17,9 persent en Botswana met 3,8 persent…
Gholf: Die wêreld nommer-twee, Rory McIlroy erken hy het nie probleme met die afslaanformaat wat by die FedEx-beker in die PGA-toerkampioenskap gebruik is nie. Dit word vanjaar verander sodat die voorloper op punte, in die geval die wêreld nommer-een, Scottie Scheffler, op baansyfer saam met die res van die deelnemers…
Die Universiteit van Namibië het 'n belangrike mylpaal bereik met die ondertekening van 'n wedersydse erkenningsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en die Namibiese Veeartsenykundige Raad. Namibies-opgeleide veeartse kan nou direk in die buurland registreer, net soos gegradueerdes van die Universiteit van Pretoria in Namibië kan. Kosmos 94.1 Nuus het…
Swakopmund is weer die gasheer vir die Namibian International Endurance Desert Challenge-uithouritte wat van 26 to 29 Augustus plaasvind. Perderuiters van so ver as Australië en Slowakye het ingeskryf en die verdedigende kampioen, Colin Makonde, sal weer in aksie wees. Francois Lottering het meer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.