
Saak oor Mchunu se verlof is in verkeerde hof
Loading player...
President Cyril Ramaphosa se prokureur, Kate Hofmeyr, sê die MK-party-saak rakende die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof moes in die Hooggeregshof gewees het, nie die Konstitusionele Hof nie. Mchunu is op verlof geplaas ná die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings van politieke inmenging. Hofmeyr het aan die hof gesê die saak val nie onder die uitsluitlike jurisdiksie van die Konstitusionele Hof nie, aangesien dit 'n roetine-uitoefening van presidensiële mag behels, nie 'n regstreekse grondwetlike oortreding nie: