
VSA-gesant Witkoff besoek Gaza vandag
Loading player...
Gaza se Hamas-bestuurde gesondheidministerie sê 91 mense is Donderdag vermoor terwyl hulle voedselhulp probeer kry het en twee mense is aan wanvoeding dood. Intussen het die Withuis aangekondig dat Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant vir die Midde Ooste, Steve Witkoff, vandag na Gaza sal gaan om die hulpverspreidingsterreine van die omstrede Gaza Humanitêre Fonds te inspekteer. Die Withuis se perssekretaris Karoline Leavitt het die aankondiging gemaak.