
Mashatile... daar's al ewig iets - Bloem
Loading player...
Die Activists and Citizens Forum sê adjunkpresident Paul Mashatile is nie geskik vir die amp nie en moet bedank. Dit volg nadat die Parlement se Etiekkomitee hom met 10 000 Suid-Afrikaanse rand beboet het omdat hy nie 'n diamant verklaar het wat die sakeman Louis Liebenberg aan hom geskenk het nie. Liebenberg word strafregtelik aangekla. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, waarsku Mashatile se voortgesette teenwoordigheid in die amp skend die vertroue en respek van die adjunkpresident se posisie: