
Kort Namibië 'n ministerie van gelukkigheid?
Loading player...
Die Rundu Landelik-raadslid Paulus Mbangu het voorgestel dat 'n ministerie van gelukkigheid geskep word om Namibië se geestesgesondheidskrisis en hoë selfmoordsyfers aan te spreek. Hy meen die ministerie kan stelsels soos 'n geluksindeks gebruik om beleid te rig wat welstand in onder andere gesondheid, inkomstesekuriteit, onderwys en voedseltoegang verbeter. Mbangu sê so 'n ministerie kan pleit vir 'n universele basiese inkomste om finansiële spanning te verlig en emosionele welstand te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Rinaani Musutua van die Basic Income Grant-koalisie, BIG, gepraat.