
IPPR kyk na doeltreffendheid van GRN se herstelprogram na Fishrot
Loading player...
Na aanleiding van die verwoestende Fishrot-skandaal, wat Namibië miljoene gekos het en honderde vissermanne werkloos gelaat het, het die regering die sogenaamde Government Employment Redress Programme in 2020 van stapel gestuur. Maar vyf jaar later bly kritieke vrae: Het dit gewerk? Waarheen het die beloftes gegaan? Is geaffekteerde werkers werklik beter daaraan toe? Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing bied vandag ‘n geleentheid aan om die program se prestasie en impak te hersien. Kosmos 94. nuus het met navorsingsgenoot by die IPPR, Frederico Links, gepraat.