
SA sal handelsbelange verdedig, sê Lamola
Loading player...
Die regering sê hy sal Suid-Afrika se nasionale handelsbelange verdedig na die VSA se besluit om 'n 30-persent-tarief op plaaslike uitvoere in te stel. Nagenoeg agt-persent van Suid-Afrika se totale uitvoere gaan na die VSA, wat dit die land se derde grootste handelsvennoot maak. In 'n gesamentlike media-inligtingsessie het die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, gesê die tariewe ignoreer Suid-Afrika se minimale 0,25-persent-aandeel van totale Amerikaanse invoere en hou geen bedreiging in vir Amerikaanse nywerhede of nasionale veiligheid nie: