
Demokrate vra Trump om Palestynse staat te erken
Loading player...
Meer as 'n dosyn demokrate in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het 'n brief onderteken wat die Trump-administrasie ten sterkste versoek om 'n Palestynse staat te erken, berig die nuuswebwerf Axios. Die brief was aan Trump en die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, gerig. Intussen sê Israel se buitelandse sake-minister, Gideon Sa'ar, dat erkenning van 'n Palestynse staat 'n groot present vir Hamas is.