SA-landbou is veerkragtig - Steenhuisen

Loading player...
Die Minister van Landbou John Steenhuisen sê die landbousektor wys merkwaardige groei en veerkragtigheid ten spyte van wêreldwye wind van voor. Nuwe data wat die Landbou Sakekamer bekend gemaak het, wys landbou-uitvoer na Amerika het in die tweede kwartaal vanjaar met 26-persent gestyg in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die woordvoerder van die ministerie, Joylene van Wyk, sê dit wys duidelik hoe dringend dit is om die gesprek met Amerika oor tariewe voort te sit:
19 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gewasdiversifikasie sal produksie en winste opstoot

Boere word aangemoedig om gewasdiversifikasie te omarm. Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne het aanbeveel dat die afhanklikheid van tradisionele graangewasse verminder word en boorde en ander hoëwaarde-gewasse ondersoek word om beide produktiwiteit en winsgewendheid te verbeter. Emilie Abrahams, die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad het met Kosmos…
19 Aug 11AM 1 min

Beboet randmanipulasie-banke swaar, vra Future Forex

Future Forex het gevra vir swaar boetes vir banke wat skuldig bevind word in die randmanipulering-sage om toekomstige valuta-manipulering te voorkom. Die Mededingingskommissie appelleer in die Konstitusionele Hof teen die uitspraak van die Mededingingsappèlhof oor 13 banke wat daarvan beskuldig word dat hulle tussen 2007 en 2013 die rand-dollar-wisselkoers gemanipuleer…
19 Aug 11AM 1 min

Wie gaan in Otjomuise massa-behuising woon, vra Amushelelo

Die kontrakteur verantwoordelik vir die Otjomuise Massa Behuisingsontwikkelingsprogram is deur die lynminister, James Sankwasa, opdrag gegee om alle gedeeltelik geboude huise teen 30 November 2025 te voltooi. Die projek, wat 362 onvoltooide huise insluit, is aanvanklik in 2013 ontwerp, maar het aansienlike vertragings ondervind as gevolg van 'n regsgeskil wat…
19 Aug 10AM 1 min

T20 Wêreldbeker Afrika kwalifikasie-toernooi kom na Namibië

Krieket Namibië sal die IKR Vroue T20 Wêreldbeker Afrika Kwalifiseringswedstryd aanbied van 31 Augustus tot 6 September vanjaar. Namibië en sewe ander spanne sal meeding om twee plekke by die Globale Kwalifiseringstoernooi. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê die toernooi sal beide kwalifikasie en die vinnige groei van…
19 Aug 10AM 1 min