
Guterres het groot kommer oor Soedan
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, beskryf die situasie in Soedan as 'n grootskaalse katastrofe en ontsaglik wreed. Die aanhoudende stryd tussen die Soedanese Gewapende Magte en die para-militêre Rapid Support Forces het die land dieper in onrus gedompel. Meer as 12,4-miljoen mense in die land is ontheem. Guterres se woordvoerder, Farhan Haq, sê die enigste manier om die beskerming van burgerlikes te verseker, is om die sinnelose konflik te beëindig: