
2025 Mynbou-ekspo hoor land se minerale is vir inwoners
Loading player...
By vanoggend se opening van Namibië se 2025 Mynbou-ekspo, wat daarop gemik is om vaardigheidsontwikkeling en belangstelling in die mynbousektor te bevorder, het lynminister Natangwe Ithete die belangrikheid beklemtoon om te verseker dat die ontginning van die land se natuurlike hulpbronne tasbare voordele vir alle Namibiërs inhou.