
SA moet afhanklikheid van enkele mark verminder - Gwede
Loading player...
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die 30-persent tariefverhoging op Suid-Afrika se uitvoere na Amerika is ʼn desperate poging van ʼn mag wat voel sy invloed raak minder. Die regering waarsku die tariewe kan die land sowat 30 000 werksgeleenthede kos. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot. Mantashe sê die oplossing is dat Suid-Afrika sy afhanklikheid van enige enkele mark verminder: