
Namcor: Ondersoeker sê die lot is takke van een boom
Loading player...
Die ondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie Oberty Inambao is tans besig om in die Namcor-borgaansoek te getuig. Inambao het die harte van die publiek gewen met sy getuienis-styl maar, hy het ook uiters baie inligting. Vanoggend het hy verduidelik hoe fondse gekanaliseer is deur maatskappye wat verband hou met die Elindi- en Malima-families, insluitend Enercon, Erongo Petroleum, Eco Fuel, Eco Trading, Quality Meat Supplies, Venus Technologies, Onyeka en Nyambali Medical.