Altviool en klavier – ‘n vennootskap van 39 jaar in “Journeys” uitvoering in Bloemfontein

Loading player...
Journeys is 'n konsert wat die vele paaie wat ons loop, verken – deur eensaamheid, liefde, konflik, herinnering en afskeid. Hierdie intieme program van altviool en klavier verweef drie diep ekspressiewe werke: Sjostakowitsj se finale komposisie, die Altvioolsonate, geselekteerde liedere uit Schubert se Winterreise en uittreksels uit Prokofiev se Romeo en Juliet. Altviolis Jeanne-Louise Moolman en haar man, klavierspeler Piet Moolman, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die uitvoering wat die 28ste Augustus plaasvind by die Odeion in Bloemfontein. Hulle maak al 39 jaar lank saam musiek!
6 Aug 2025 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min