
Altviool en klavier – ‘n vennootskap van 39 jaar in “Journeys” uitvoering in Bloemfontein
Loading player...
Journeys is 'n konsert wat die vele paaie wat ons loop, verken – deur eensaamheid, liefde, konflik, herinnering en afskeid. Hierdie intieme program van altviool en klavier verweef drie diep ekspressiewe werke: Sjostakowitsj se finale komposisie, die Altvioolsonate, geselekteerde liedere uit Schubert se Winterreise en uittreksels uit Prokofiev se Romeo en Juliet. Altviolis Jeanne-Louise Moolman en haar man, klavierspeler Piet Moolman, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor die uitvoering wat die 28ste Augustus plaasvind by die Odeion in Bloemfontein. Hulle maak al 39 jaar lank saam musiek!