
Tariewe: Indië sê hy sal ander markte soek
Loading player...
Die Withuis plaas 'n bykomende tarief van 25 persent op Indiese invoere, wat die totale tariewe op 50 persent te staan sal bring, in weerwraak vir die land se aankoop van olie uit Rusland. Indië het 21 dae om op die potensiële tariewe te reageer voordat dit in werking tree. Shashi Tharoor, voorsitter van Indië se Komitee vir Buitelandse Sake, het aan ANI News gesê dat daar dubbele standaarde betrokke is en dat hulle na ander markte sal moet kyk.