
Kritiek teen Cyril wat apartheidskadevergoeding-saak wil uitstel
Loading player...
Die families en oorlewendes van apartheidsmisdade het president Cyril Ramaphosa se aansoek om 'n grondwetlike skadevergoedingsaak uit te stel, gekritiseer. Die families eis 168-miljoen-rand vir wat hulle die staat se growwe versuim noem om politieke misdade, wat die Waarheids- en Versoeningskommissie uitgewys het, te ondersoek en te vervolg. Ramaphosa wil hê die Hooggeregshof in Pretoria moet die skadevergoedingsaak staak hangende 'n ondersoek deur 'n kommissie van ondersoek. Zaid Kimmie van die Foundation for Human Rights sê die families soek geregtigheid: