
Jeugdiens is hoog op regering se prioritetislys
Loading player...
Tydens sy toespraak by die opening van die 16de inname deur die Nasionale Jeugdiens by die Hentiesbaai-opleidingsentrum, het adjunk-onderwysminister Dino Ballotti die regering se verbintenis herbevestig om befondsing vir die Nasionale Jeugdiens te verhoog, gelei deur nasionale beleide soos Visie 2030 en NDP 6. Jeuginskrywings het gegroei van 350 in 2023 tot 'n rekord van 1 068 in 2025, wat 'n sterk nasionale belegging in jeugontwikkeling weerspieël.