
Kapofi sê oor Africom waarskuwing oor terreur, dwelms
Loading player...
Kosmos 94.1 Nuus het met die verdedigingsminister Frans Kapofi gesels oor die aanmerkings deur die Amerikaanse luitenant-generaal John Brennan van Africom. Hy sê jihadistiese groepe is aktief aan die grense van Namibië en Angola, asook in Suid-Afrika en Mosambiek. Hy waarsku ook teen die vestiging van ’n Meksikaanse dwelmkartel in Suider-Afrika, wat ’n risiko vir streekstabiliteit inhou. Brennan sê Africom beskerm Namibië en Angola, en ondersteun planne om Walvisbaai in ’n sentrum vir maritieme veiligheid en handel te ontwikkel. Kapofi sê daar is nie veel om oor kommer te hê nie.