Woord vir Vandag - 10 Aug 2025

Loading player...
“Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid…” 2 Timoteus 4:8 AFR53

Die vyf krone (3)

Die derde kroon wat in die Skrif genoem word, is die kroon van geregtigheid. Paulus skryf: ‘Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het’ (verse 7-8 AFR83). ‘n Pastoor verduidelik dit as volg: ‘Die boek 2 Timoteus verteenwoordig die laaste bekende skrywe van die apostel Paulus. Ons het rede om te glo dat hy kort nadat hy hierdie woorde geskryf het, onthoof is. In plaas daarvan om die dood te vrees, het hy egter na die wederkoms uitgesien. Hy was met sy rekord van diens aan die Here tevrede. Paulus se gebruik van die metafoor van die atleet is veral beskrywend van die lewe van die gelowige, omdat dit uithouvermoë, dissipline en finale oorwinning beskryf. Die kroon van geregtigheid word vir diegene wat ‘n verlange na die Here Jesus het en wat wag vir Jesus om terug te kom, gereserveer.’ Paulus skryf in ‘n brief aan Titus dat ‘…die seën waarop ons hoop, ‘n werklikheid word. By daardie geleentheid sal die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, ook sigbaar word’ (Titus 2:13 NLV). Die pastoor gaan voort: ‘Sielkundiges sê vir ons dat afwagting ‘n emosie met wonderlike genesende kragte is. Mense wat deur sneeu vasgevang is, hou moed deur die langer dae van lente en somer af te wag. Bruide en bruidegomme wag hulle troudag gretig af.’ As Christen lê jou beste dae nog voor jou en jy kan in afwagting van al die heerlikheid van die hemel en die ewigheid, leef. Dit sal jou motiveer om getrou aan Jesus te bly terwyl jy vir sy wederkoms wag.
7 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min