
Cyril, Trump praat oor tariewe, handelsooreenkomste
Loading player...
President Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, het hulle verbind tot voortgesette bilaterale handelsooreenkomste. Dit volg op 'n telefoongesprek waarin die twee leiers belangrike ekonomiese sake bespreek het, insluitend die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent op sekere Suid-Afrikaanse uitvoere wat van vandag van krag is. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die regering poog om Suid-Afrika se handelsbelange te beskerm namate wêreldwye ekonomiese druk toeneem: