NamBTS soek jou bloed die Saterdag

Loading player...
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre 'n bloedskenkingskliniek by sy hoofkwartiersentrum in Talstraat by Ausspannplatz aan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salmi Shigwedha, bemarkingsbeampte by die diens, wat sê bloedskenkings neem af in die winter weens griep en seisoenale siektes. Shigwedha het meer.
8 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge

Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in 'n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die…
21 Aug 10AM 1 min

Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly 'n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit…
21 Aug 9AM 1 min

SA se 3,5% inflasie maak Giwusa bekommerd

Die nywerheidsvakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor die jongste verslag rakende die inflasiesyfer van 3,5-persent - die hoogste in tien maande. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hierdie styging is 'n grafiese voorbeeld van hoe inflasie 'n simptoom is van die diepgewortelde strukturele mislukkings van die rasgedrewe, monopolistiese…
21 Aug 9AM 1 min

Nuwe Beplanningskommissie kry sy opdragte

Die nuut aangestelde kommissarisse van die Nasionale Beplanningskommissie is opdrag gegee om die regering van grondige beleidsadvies en navorsing te voorsien wat sal verseker dat Namibië sy ontwikkelingsdoelwitte bereik. Die 19 kommissarisse moet fokus op die ontwikkeling van landbouwaardekettings, landbouverwerking en -vervaardiging; groenwaterstof, olie en gas; die kernbedryf, mynbou, toerisme…
21 Aug 8AM 1 min