Skaapprodusente word goed beloon, daarom goeie prestasie

Loading player...
Reaksie word ontvang op Namibiese A2-lamskarkaspryse wat goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Namibiese A2-pryse het sover vanjaar gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram gehaal, 'n groei van 22,79 persent teenoor verlede jaar se pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Ohlthaver en List se uitvoerende hoof, Sven Thieme gepraat.
8 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Val in beesvleisuitvoere 'wys swakhede in ekonomie uit'

Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika - die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat…
21 Aug 10AM 1 min

Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge

Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in 'n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die…
21 Aug 10AM 1 min

Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly 'n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit…
21 Aug 9AM 1 min

SA se 3,5% inflasie maak Giwusa bekommerd

Die nywerheidsvakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor die jongste verslag rakende die inflasiesyfer van 3,5-persent - die hoogste in tien maande. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hierdie styging is 'n grafiese voorbeeld van hoe inflasie 'n simptoom is van die diepgewortelde strukturele mislukkings van die rasgedrewe, monopolistiese…
21 Aug 9AM 1 min