BBU aanlynveiling samel N$174 000 vir bewaring in

Loading player...
Die 2025 Brandberg Backyard Ultra, geborg deur RMB Namibia, het oor die naweek ‘n rekordopkoms gehad maar daar is nog. ‘n Twee-dag aanlynveiling ten bate van Save the Rhino Trust, Ocean Conservation Namibia, en Pangolin Conservation Namibia het meer as 174 000 Namibiese dollar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met Nico Scholtz van Namibia Ultra Trails gepraat.
8 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Val in beesvleisuitvoere 'wys swakhede in ekonomie uit'

Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika - die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat…
21 Aug 10AM 1 min

Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge

Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in 'n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die…
21 Aug 10AM 1 min

Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly 'n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit…
21 Aug 9AM 1 min

SA se 3,5% inflasie maak Giwusa bekommerd

Die nywerheidsvakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor die jongste verslag rakende die inflasiesyfer van 3,5-persent - die hoogste in tien maande. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hierdie styging is 'n grafiese voorbeeld van hoe inflasie 'n simptoom is van die diepgewortelde strukturele mislukkings van die rasgedrewe, monopolistiese…
21 Aug 9AM 1 min