
Verskeie resolusies deur die kabinet aanvaar
Loading player...
Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens 'n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus 'n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.