
BoN loods veldtog vir finansiële inklusiwiteit
Loading player...
Die Bank van Namibië sê dat hul nuwe maandlange Finansiële Insluitingsbewustheidsveldtog daarop gemik is om bewustheid te verhoog, finansiële opvoeding te verbeter en verbruikersbeskerming te versterk. Die veldtog dien as ondersteuning vir die komende Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum in Swakopmund. Die bank se kommunikasiepraktisyn, Josefina Oskar, het meer besonderhede oor die veldtog en die forum met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.