
Volgende droogte onafwendbaar, berei solank voor
Loading player...
Ten spyte van wydverspreide reën wat 'n langdurige droogte regoor Namibië gebreek het, waarsku kenners veeboere om nie selfvoldaan te raak nie. Met weiding wat reeds tekens van druk in sommige gebiede toon, kan die volgende droogte, wat onafwendbaar is, vroeër as verwag aanbreek en slegs diegene wat nou begin beplan, sal gereed wees wanneer dit gebeur. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukundige Bertus Kruger gesels.