
Namibiërs geletterd in moedertaal, vir wat Engels oral wil gebruik?
Loading player...
Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers skryf die hoë ongeletterdheidsyfer in Namibië toe aan die land se klem op die gebruik van die Engelse taal. Dit kom nadat die minister van onderwys, Sanet Steenkamp, onthul het dat 9 uit 10 leerders wat 10 jaar en jonger is, nie 'n eenvoudige teks kan lees nie. Die vakbond se algemene sekretaris, Job Muniaro, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat baie Namibiërs reeds geletterd is in hul moedertaal.