
Trump, Putin koukus oor Oekraïne in Alaska
Loading player...
President Donald Trump van Amerika vergader volgende Vrydag met sy Russiese eweknie Vladimir Putin in Alaska om ‘n einde aan die voortslepende oorlog in die Oekraïne te probeer bring. Dit sal die eerste keer sedert 2021 wees dat die leiers van dié twee supermoonthede ontmoet. Trump het Vrydag gesê die partye beweeg nader aan ‘n vredesooreenkoms. Deel van die onderhandelinge sal die uitruil van territoriale gebiedsgrond behels.